logo
image description

DSK Mentorkamp 2018

DSK Mentors

Die graad 6 en 7 groep van DSK 2018 skop die nuwe jaar af met ‘n kamp ter voorbereiding vir hul rol as Mentors vir 2018/19.

Op die “spyskaart” is spanbou saam Mnr. Heyneke, MentorMasterchef onder die begeesterde leiding van Anri van Soelen, lewensvaardighede saam Marilee Meyer en Juffrou Havenga, kampvuur en kitaar saam Bennie Havenga, natuurwaardering en nagstap saam Andrew Hill en Juffrou Herrmann. Die beste van alles was elke kind se selfstandige betrokkenheid om kos te maak en op te ruim. Die kinders was vry om te speel en hulself uit te leef.

Vir baie was dit die eerste keer en die nuwe belewenisse het die aptyt gewek vir nog! Die fotos vertel die storie en die ervarings glo ek sal vir ewig gebêre word onder die titel: “Ongelooflik lekker!”

Ons is verseker beter as gister!!
Marilee Meyer

SPATZENNEST

GRAAD R VORSCHULE

Van die ouerbrief
Spatzennest
KROONDAL NACHRICHTEN