Jungschar 2017

Hierdie program word deur die Gemeente Kroondal aangebied.  Hier word die kinders geleer om saam met mekaar te werk en te speel,  in n gekontroleerde groep met Christelike waardes, wat omgesit word in n les en spel.

Alle kinders van Graad 1 tot 3 is hartlik welkom. Ons wil ons kinders help om te groei, hulle opbou en ondersteun vir hul lewens as veelsydige volwassenes.

Die Jeug in die gemeente word opgedeel in die volgende groepe: –
•    Jungschar Gr 1 tot 3
•    Kleine Jugend Gr 4 tot 7
•    Grosse Jugend Gr 8 tot 12
•    Studente Jugend
•    Jong volwassenes

Jungschar word aangebied van 14h30 tot 16h30, op dieselfde middag as Frauennachmittag.

Datums , temas en relevante inligting, word deur die Jungschar Groepleiers aan ouers beskikbaar gemaak.

Neem asseblief kennis dat toesig gereel moet word vir Gr 1 tot 3 leerders voor die aanvang van Jungshar om 14h30. Ouers is welkom om die Naskoolsentrum te kontak.
Onthou asseblief om u kind aan te meld vir Jungschar, sodat ons die program , temas en toesig voldoende kan beplan.

Vriendelike groete,
Pastor Jäckel, Natasha Münch en die Jungschar span.

Back to Top