Naskoolsentrum (Tagesheim)

Kontakpersoon: Michelle Smit 0842540566

Ons skool se naskoolsentrum bied ‘n veilige en liefdevolle omgewing waarin ingeskrewe leerders van DSK en Spatsennest versorg word.

Toesigure is van 12h50 tot 17h00.  Kinders wat die naskoolsentrum besoek, word deur ‘n ouer of voog, by die persoon in beheer van die sentrum aangemeld.

Die leerders word van middagete voorsien en skoolgaande kinders word die geleentheid gebied om tyd aan hul huiswerk te spandeer.

Die skool se sentrum bied drie opsies:

  1. Van dag tot dag, soos toesig benodig word. Kinders kan ‘n dag voor die tyd aangemeld word.
  2. Op gereelde basis. Ouers vul ‘n vorm in, met die nodige dae daarop aangedui.
  3. In noodgevalle, kan kinders tot en met 10h00 aangemeld word.

 


Riglyne vir en Registrasie vir Naskool


Deutsche Schule Kroondal

lse Lundie

Onderwyseres

Kwalifikasie:
• Natal Teachers Senior Diploma
• Advanced Certificate in Education- Foundation Phase – Unisa
Onderrig:  Naskoolsentrum

Deutsche Schule Kroondal

Michelle Smit

Onderwyseres

Kwalifikasie:

• Early Childhood Development Certificate – Unisa
Onderrig:
Naskoolsentrum + Kroondal Kabouters Speelgroep

Back to Top