Spatzennest | Kleuterskool

Alter: 3 – Spatzen (mossies)

Alter: 4 – Marienkäfer (ladybirds)

Alter: 5 – Dackel (worshondjies)

  •  Im Spatzennest bemühen wir uns um das Erlernen der deutschen Sprache und legen besonderen Wert auf Spiel, Gesang, Kunst und Musik
  • Wir vermitteln christliche Werte, sowie deutsche Kultur und Tradtion (z.B. Laternenumzug, Adventsfeier, Ostern, Himmelfahrt)
  • Das Spatzennest verfügt über einen groβen, modernen und sicheren Spielplatz.
  • Zwischen kühlen Schattenbäumen liegen Sinnesgarten und viele kuschelige Winkel, wohin sich die Kinder zurückziehen können.
  • Wöchentliche AG’s: Playball und Ballet
  • Wir unternehmen regelmäßig Ausflüge
  • Zeiten: 07h00 – 13h00
  • Nachmittagsbetreuung: 13h00 – 17h00

  • Die kleuterskool is bemoeid met die vaslegging van die duitse taal met klem op spel, sang, kuns en musiek.
  • Ons koester Christelike waardes, die Duitse kultuur en tradisies.(bv. lanternfees, Adventfees, Paasfees, Hemelvaart)
  • Die kleuterskool het ‘n ruim, moderne en veilige speelterrein
  • Tussen loweryke bome spog die kleuterskool met ‘n sensoriese tuin
  • Weeklikse buitemuurse aktiwiteit: Playball & Ballet
  • Gereelde uitstappies word onderneem
  • Tye: 07h00 -13h00
  • Naskooltye: 13h00 -17h00

Die nuwe Spatzennest

November 2004 is die hoeksteen van die “Nuwe Spatzennest” deur Dominee Victor Röhrs gelê. Die spreuk op die hoeksteen is: “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Mk 13,31.” ‘n Klein kleuterskool met 28 kinders groei tot ‘n kleuterskool met Graad R-17 kinders wat nou hulle eie gebou betrek – die eerste skoolgebou, wat ook ‘n nasionale gedenkwaardigheid is.

Die 5 jariges – “worshondjies” by tante Susanne, die “Mariënkäfer”-klassie by tante Betz en die “mossie”-klassie by tante Lydia, is ongeveer nog 45 kinders. Ons kinders bring baie tyd buite deur, daar word in die sand gespeel en dikwels met water. Ons het ‘n sensoriese tuin waar die kinders alle sintuie inspan, en in hulle eie fantasiewêreld speel. Klouter, klim en fietsry is deel van die daaglikse aktiwiteite onder lowerryke bome. Onkel Heinrich se groentetuin wat aan ons speelgrond grens, voel soos deel van die speelterein, want ons sien hoe die groente groei, en proe ook gereeld die produkte daarvan.


Spatzennest – Geschichte

In 1984 wurde das Jugendzimmer des Schülerheims (der heutige Gasthof) umgebaut und so war das Spatzennest geboren. Von 1984 bis 1987 betreute Ortrud Penzhorn den Kindergarten. Danach waren Gisela de Wet (1987 – 1989) und Ilse Lundi ( seit 1990) Kindergartenleiterin. Im November 2004 zog der Kindergarten in ein schönes neues Gebäude neben der Schule.

Eintrag am ersten Kindergartentag von Ortrud Penzhorn: ”Es waren anwesend: Thomas Scriba, Francois Taljaard, Helga und Waldo Wenhold, Natasha und Martina Krobath, Theo und Christoph Meyer, Friedel de Wet, Siegfried van Vuuren”. Heute (2014) haben wir Nichten/Neffen und Kinder von den Obengenannten an der Schule und im Spatzennest.

In 1984 word die Koshuis – wat tans die Gasthof is – se Jeugkamer omskep in ‘n kleuterskool en so word die Spatzennest gebore.
Die skool word behartig deur Tante Otrud Penzhorn. Daarna volg Tante Gisela de Wet, tot en met 1989. Tante Gisela word in 1999 opgevolg deur Tante Ilse Lundi, wat huidiglik by die Naskoolsentrum betrokke is.

Op die eerste skooldag, lui Tante Otrud se registerinskrywing as volg: –

“Kinders aanwesig : Thomas Scriba, Francois Taljaard, Helga und Waldo Wenhold, Natasha und Martina Krobath, Theo und Christoph Meyer, Friedel de Wet, Siegfried van Vuuren”

Dit is spesiaal dat jong famililede van hierdie groepie kinders, vandag nog deel uitmaak van die DSK se familie.


Deutsche Schule Kroondal

Lydia Swart

Onderwyseres

Kwalifikasie:

B.A. (HOD)
Onderrig:  3-jariges, Gr. 5 – 7

Deutsche Schule Kroondal

Betz Wenhold

Onderwyseres

Kwalifikasie:
• Early Childhood Development Certificate – Unisa
Onderrig:  4-jariges

Deutsche Schule Kroondal

Susanne Ponter

Onderwyseres

Kwalifikasie:
• Early Childhood Development Certificate –Unisa
Onderrig:
Assistent 3 – 5 jariges, Gr. 1


Back to Top