Die atmosfeer is gemaklik en informeel en die kleuters leer speel-speel hul vorms en kleure aan, hoe om met maatjies te deel en sosialiseer, bak en brou en ons ontwikkel ons fyn-en grootmotoriese vaardighede deur kuns, klim en klouter. Hierdie speelgroepie word op die Deutsche Schule Kroondal se kleuterskool terrein (Spatzennest) aangebied. Die klassie bied ook vir voornemende ouers van die Spatzennest geleentheid, om ‘n gewone dag in ons Spatzennest roetine waar te neem.
Tydens die klassie word kleuters op hulle vlak gestimuleer met ouderdomsgepaste aktiwiteite. Die klassie kan 1 of 2 keer per week bygewoon word. Dinsdae, Woensdae en Donderdae – Een en ‘n halwe uur by die Deutsche Schule Kroondal se Spatzennest Kleuterskool. Vir meer inligting oor tye en fooie: 014 536 3814
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576