Naskoolsentrum

Michelle Smit &  Ilse Lundi

Ons skool se naskoolsentrum bied ʼn veilige en liefdevolle omgewing, waarin ingeskrewe leerders van Deutsche Schule Kroondal en die Spatzennest versorg word.

Toesigure is van 13h00 tot 17h00. 

Aktiwiteite

Na ’n gebalanseerde maaltyd kry die kleintjies kans, om ’n middagslapie te neem en die skoolkinders doen onder toesig hulle huiswerk. Later in die middag is daar geleentheid, om sommer net lekker met maats te speel. Hoewel die Naskool noodsaaklik is vir werkende ouers, is dit ook gerieflik vir kinders, om tussen skool en sportaktiwiteite gou iets te eet.

Die skool se sentrum bied 4 opsies:

  1. Van dag tot dag, soos toesig benodig word. Kinders kan ʼn dag voor die tyd aangemeld word.
  2. Op gereelde basis. Ouers vul ʼn vorm in, met die nodige dae daarop aangedui.
  3. In noodgevalle, kan kinders tot en met 10h00 aangemeld word.
  4. Die Naskool-Wagklas, waar leerders vanaf 13:00 tot 14:00 onder toesig kan wag, todat ouer broers/susters ook uitkom. (Die wagklas sluit nie middagete in nie)