Ons koester Christelike waardes en die Duitse kultuur en tradisies (bv. Paasfees, Hemelvaart, kerskoekies bak, Christusfees). Kleuters wie se moedertaal dalk nie Duits is nie, leer die taal gemaklik aan. Vars lug en buite speel vorm ‘n groot deel van ons daaglikse roetine. Die kleuterskool het ‘n ruim speelterrein, met lowerryke bome, ‘n sensoriese tuin en kinder-groentetuin.
Weeklikse buitemuurse aktiwiteite sluit Playball, Ballet, Teddy Tennis, Rugby, Kinderkinetika en Gimnastiek in.
Lees graag meer oor die ontstaan van die kleuterskool in die Geskiedenis afdeling van die webtuiste.
Kinders word op `n liefdevolle manier begelei, om selfvertroue te ontwikkel en om selfstanding te word.
Ons bou gereeld legkaart.
Leer getalle erken en lê begrip tot 5 vas.
Leer letters erken.
Korrekte potloodgreep, knip vermoë, fyn motoriese ontwikkeling.
Speel-speel leer ons Duits praat.
Goeie maniere en dissipline.
Getal begrip word verder ontwikkel.
Vorms en kleure is reeds by die meeste kinders goed ontwikkel.
Ons begin met die aanvanklike klank tabelle.
Legkaarte is steeds deel van daaglikse aktiwiteite.
Leer deur konstruksie speletjies, kuns en gesprekke.
Daaglikse oefening met groot- en fyn motoriese vaardighede.
Berei kleuters voor vir graad R.
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576