Goethe Sertifikaat
Elke jaar, indien die belangstelling groot genoeg is, word die geleentheid gebied, om by die skool aan die eksamens van die Goethe-Institut deel te neem. Hier kan DSK leerders en oudskoliere of volwassenes hul A1 tot C2 Goethe-Zertifikat verwerf, sonder om Johannesburg toe te ry of daar ‘n afspraak te moet maak. Hoe meer deelnemers, hoe goedkoper word die fooie.
Duitse taalvaardighede word op die sertifikaat bevestig en dit dien as ‘n waardevolle dokumentasie vir ‘n visum aansoek, oorsese studies of as ‘n CV aanhangsel. Die sertifikaat maak verskeie deure vir ‘n mens oop, bv. om oorsee of vir groter internasionale maatskappye in die land te kan werk.