Leerders begin reeds vroeg in die jaar met voorbereiding, waar hulle saam met spanmaats, onder leiding van hulle onderwysers, hulle beplanning, besigheidsplanne en advertensiemateriaal op gegewe tye moet voorberei en inhandig. Die leerders se bemarking vir die dag strek ook verder as net skoolmaats, aangesien die dag poog, om ‘n geselligheid vir die hele gemeenskap te bied. Op die dag stel leerders maande se voorbereiding ten toon, deur hulle stalletjies te versier met dekor, produkte of dienste. Besoekers geniet ‘n verskeidenheid van produkte, lekkernye, etes, kindervermaak en speletjies.
Na afloop van die dag, is dit elke leerder se verantwoordelikheid, om sy stalletjie op te ruim, geleende toerusting of meubels terug te besorg en hulle geldkissies af te sluit. Sodra die stalletjie opgeruim is, verdaag die span na hulle voogklasse, waar hulle voogonderwyser hulp verleen, om gelde af te sluit. Elkeen betaal dan ‘n persentasie van sy wins terug aan die skool vir ‘skoolbelasting’ en die oorblywende winste word verdeel tussen spanmaats.
Leerders leer uit hierdie dag, om kreatiewe produkte aan te bied, wat verkoop goed, wat maak produkte onnodig duur en wat, om anders te doen in die jaar wat volg.
Verantwoordlikheid en dissipline deur die aanleer van beplanning en voorbereiding vir jou taak, opruim van jou spasie, asook om ander te help opruim, totdat die terrein netjies is.
Selfstandigheid – ouers help die leerders met die voorbereiding en beplanning van die stalletjie, maar op die dag word ouers nie by die stalletjie toegelaat nie. Dit gun die spanmaats die geleentheid, om hulle stalletjie selfstandig te bestuur en hulle kliënte te bedien.
Integriteit en regverdigheid – Om jou ooreenkoms na te kom deur jou stalletjie se persentasie belasting te betaal, die regverdige verdeling van take tussen spanmaats en die regverdige verdeling van winste en uitgawes.
Gemeenskap – Die Deutsche Schule Kroondal is trots, om deel te wees van die Duitse/Kroondal gemeenskap, daarom stel ons hierdie dag oop vir ons vriende, familie, gemeentelede en seniorburgers, om te deel in die geselligheid en vernuf van ons leerders
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576