Hoekom vier ons eintlik Sint Martin en hoekom met lanternparades? Wie was Sint Martin?
Sint Martin is in 316 nC gebore en was ‘n Romeinse soldaat. Eendag het hy volgens legende, op ‘n wintersdag verby ‘n uitgehongerde bedelaar gery. Hy voel jammer vir die bedelaar en deel sy mantel met ‘n swaard en gee die helfte vir die bedelaar. Die bedelaar het later in ‘n droom aan Martin verskyn en hy het homself as Jesus Christus geopenbaar.
Sint Martin het homself laat doop as gevolg van sy droom en het met die Christelike geloof te doen gehad. Baie mense wou hê, dat die goedhartige Martin ‘n biskop moet word, maar hy het nie gedink hy is waardig nie en het in ‘n ganshok weggekruip. Die ganse het egter die wegkruipplek deur luide gekekkel verraai en Martin is tot biskop georden. Sint Martin is na sy dood (11 November 397) tot heilig verklaar, omdat hy glo baie wonderwerke gedoen het gedurende sy tyd as biskop.
Sedertdien het Christene Sint Martin elke jaar met ligte optogte vereer. Die “lig” in die Bybel is van groot belang – dit simboliseer die heiligheid van God en Jesus. Lanternparades is pragtig, om na te kyk en die kinders geniet dit, om met hul eie kleurvolle lantern te loop.
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576