Readathon – Leesmarathon

Ons hou een keer per jaar ‘n “Readathon”, waar die graad 4 tot 7 – leerders vir ‘n uur lank ‘n boek van hulle keuse lees. Die Grondslagfase, graad 1 tot 3 leerders, neem ook hieraan deel. Tydens ‘n gedeelte van die uur word daar vir hulle uit ‘n boek voorgelees.

Die ander gedeelte van die uur sal hulle dan ook ‘n geleentheid kry om self te lees. Tydens hierdie geleentheid vra ons vir enige donasies of skenkings van ou boeke. Hierdie boeke word dan vir leerders in die klasbiblioteek beskikbaar gestel om te lees. Die donasies word gebruik om nuwe boeke aan te koop.