Die “Zuckertüte”

Met ‘n “Zuckertüte” in die hand kan jy ‘n DSK graad 1-leerling op die eerste dag herken. Gevul met lekkers en speelgoed, versoet dit die eerste skooldag! Die “Zuckertüte” is ‘n groot hoogtepunt vir die graad 1-leerders.

2000 jaar gelede was dit al ‘n Duitse tradisie om ‘n “Zuckertüte” op die eerste skooldag te ontvang. Tye was toe bietjie anders; in plaas van lekkers, is die “Zuckertüte” gevul met soet pretzels of gedroogde vrugte.

Toe die eerste “Zuckertüten” uitgedeel is, is die kinders meegedeel dat hierdie “Zuckertüte” aan ‘n “Zuckertüten”-boom groei. Maar kinders van vandag weet dat daar nie so iets bestaan nie en maak soms die “Zuckertüte” saam met hul ouers.

Die eerste skooldag met ‘n “Zuckertüte” is ‘n unieke oomblik wat met baie foto’s die dag onthou word.