Basar

“Kroondal Basar”

‘n Hoogtepunt op ons kalender, wat jy nie mag misloop nie!

Hoekom hou ons basaar?

Hierdie gesellige kuierdag dien as ʼn fondsinsamelingsprojek vir die skool en die gemeente. Besoekers van alle ouderdomme is welkom. Daar is ‘n afgebakende kinderafdeling, waar die kleinspan vermaak word. Tafels, stoele en sambrele staan gereed onder die bome. Bring gerus ‘n hoed en sonbril, almal is geneig, om langer te kuier as beplan.

Kosstalletjies

Daar is heerlike kos te koop, die immer gewilde Schnitzel met aartappelslaai of ‘n Schnitzelburger, worsbroodjies, pannekoek, skyfies en egte tradisionele aartappelkoekies, om maar net ‘n paar te noem.

Teetuin en biertuin

Daar is ‘n gelisensieerde kroeg met wyn, bier, hardehout, koeldrank en wyn. Die Brauhaus se egte Duitse bier is ook hier beskikbaar.

Die teetuin bied koffie, tee en van die lekkerste Duitse gebak.

Kindervermaak

Vir die kleinspan is daar ure se vermaak. Dit sluit in: ‘n poppekas, springkastele, kinder-tombola, trekkerritte en lekkernye.

Stalletjies

Maak seker, dat jy ‘n draai by die handwerkstalletjie maak. Hier sal jy die mooiste handgemaakte items vind en kan jy al jou Kersinkopies vroegtydig doen. Ons dames is trots op hulle handewerk.

Veiling

Laatmiddag word almal vermaak met ‘n reuse veiling, wat altyd ‘n paar interessante winskopies, soos reuse jag-naweke, oplewer.

Vleisverkope

Wees gereed, wanneer jy die Basaar bywoon. Die vleisware is so gewild, dat dit gewoonlik binne 15 minute uitverkoop is. Sorg, dat jy reeds teen 8:00 in die ry kom staan (bring gerus ‘n opvoustoel), om seker te maak, dat jy van al die produkte kan koop.

Daar is ‘n proe-tafel, waar jy voor die verkope kan seker maak, wat jy wil koop. Bring jou inkopiemandjie of ‘n paar inkopiesakke en ‘n koelhouer saam, om die vleis na die verkope in te bêre, terwyl jy verder kuier.

Items, wat te koop aangebied word, sluit die volgende in:  Brat-, Mett- en droëwors, ham, spek, biltong, Eisbein, sult, varkvet en vele meer. Alle produkte is van topgehalte en word teen billike pryse verkoop.

Vroeë mark / Laat mark

Omdat al die produkte vars verkoop word, is sommige van die produkte reeds twee weke voor die Basaar gereed, om verkoop te word, asook produkte, wat ‘n week na die Basaar eers gereed is vir verkope.

Om hierdie rede is daar vleisverkope twee weke voor die Basaar en ‘n week na die Basaar. Hierdie is slegs vleisverkope.

Om af te sluit

Bring ‘n stel ekstra klere vir die kinders en ‘n kombers vir wanneer die dag se opwinding sy tol eis.

Laataand is daar ‘n kampvuur en ‘n verskeidenheid geurige soppe vir die bittereinders. Onthou jou baadjie vir die koue en kom sing ‘n paar liedjies saam om die vuur.