Die Kroondaler Karneval
Het jy al van die Hofbräuhaus of die Oktoberfest in München, Duitsland gehoor?
Eersgenoemde is ‘n wêreldbekende restaurant en kroeg en laasgenoemde die jaarlikse bierfees, wat deur honderde duisende mense van oral in die wêreld bygewoon word. By albei word die Duitse kultuur met tradisionele Duitse klere, vatbier, musiek en geregte gevier.
Die Kroondaler Karneval is op hierdie konsep gebaseer.
Vra maar vir enige persoon, wat die Karneval al bygewoon het – die atmosfeer is fantasties! Die opbrengs van die aand gaan na die Deutsche Schule Kroondal en die ouetehuis in Kroondal, naamlik, Altkroondal.
Kaartjies
Toegangskaartjies sluit ‘n bierbeker en ‘n etekoepon in. Alle persone ouer as 18 jaar is welkom.
Kaartjies word verkoop by:
Deutsche Schule Kroondal 014 536 3814
Aug Beherns Spar
Carmen Wenhold: 083 305 3874
Christoph Meyer: christophm@vvd.co.za
Vermaak
Die gaste word elke jaar deur ‘n gewilde oempa-orkes vermaak. Hulle speel nie net tradisionele Duitse musiek nie, maar ook bekende Afrikaanse en Engelse liedjies, wat die dansvloer vol hou. Trek beslis jou gemaklikste dansskoene aan.
Te ete
Heerlike Duitse disse waarborg `n onvergeetlike ete en sluit die volgende in: Eisbein, Wiener Schnitzel, Duitse worsbroodjies en heerlike kaasborde.
Die koffiehuis verkoop Duitse gebak en ander lekkernye.
Kaartjies vir die Karneval sluit ‘n maaltydkoepon in, wat gebruik kan word vir die aankoop van etes – ongelukkig kan die koepons nie gebruik word, om ander aankope soos koffie / koek / harte / drank te doen nie.
Is daar slegs alkohol beskikbaar?
‘n Volledige, gelisensieerde kroeg bied vatbier, wyn, schnaps en “shooters”. Die Brauhaus se egte Duitse bier is ook hier te koop. Daar is egter koeldrank en water beskikbaar vir diegene, wat nie-alkoholiese drankies verkies.
Koffie, tee en warm sjokolade word by die Koffiehuis verkoop.
Die kombuis, kroeg en koffiehuis sluit om 24h00.
Stalletjies
Die tombolatafel is die grootste van die stalletjies, wat jy by die Karneval sal vind. Elke jaar word ‘n verskeidenheid van pryse uitgedeel. Dalk is jy gelukkig en slaan ‘n groot prys met die “Wheel of Fortune” los!
Vrolike, handgemaakte hoede word by die hoedestalletjie verkoop. Feesgangers kan hul eie hoed met hoedespelde en vere van elke denkbare kleur en vorm versier.
Sigarette en sigare word ook by die hoedestalletjie te koop aangebied.
Vroeg-vroeg begin die dames van Kroondal, om heerlike „Lebkuchen” te bak, wat by die Harte-stalletjie verkoop word. „Herzen“ is eie aan die Duitse kultuur. Die speserykoekies word in die vorm van harte, gemmerdogtertjies -en seuntjies gebak en individueel met die hand versier. Blomme, boodskappe en fyn-kantpatroontjies is die deurlopende tema. Hierdie koekies smaak nie net heerlik nie – gee dit aan ‘n spesiale persoon vir ‘n geskenk – so reg uit jou hart!
Parkering
Daar is voldoende parkering, met sekuriteitswagte, wat na jou motor sal omsien, terwyl jy kuier.
Kom kuier saam in Kroondal en geniet ‘n gesellige aand saam met jou familie en vriende.
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576