Reg aan die begin van die jaar, onmiddellik na opening van die skooljaar, word daar ’n oefenperiode beplan vir die tyd voor die daaglikse oordenking, sodat skoliere voorberei kan word vir die atletiekseisoen. Die onderwysers is verantwoordelik vir die afrigting van verskillende dissiplines. Ouers met kennis van ‘n spesifieke dissipline se hulp met afrigting sal verwelkom word.
Sportfest verwys na ons jaarlikse atletiekbyeenkoms, waar ouers, grootouers, oudskoliere en vriende die twee tuisspanne, Sachsen en Franken, kom ondersteun. Die Spatzennestmaats word ook betrek deur ‘n kort afstand prethardloop tydsgleuf spesiaal vir die kleuters ingeruim. ‘n Hoogtepunt op die byeenkoms se program is die tradisionele pret aflosse van ouers, oudskoliere en huidige skoliere. Hou die program dop en sluit aan by ‘n aflos span!
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576