Landloop

By die Deutsche Schule Kroondal staan ons Landloop bekend as die Dreieckslauf. Baie jare gelede is die Driehoekdraf werklik in die vorm van ’n driehoek gedraf deur ons landelike omgewing rondom Kroondal, dus die herkoms van die naam.

Hierdie geleentheid vind een keer per jaar plaas en dien as die afsluiting van die atletiekseisoen. Die Dreieckslauf is oop vir ouers en grootouers, om ook aan deel te neem, selfs die kleintjies is welkom in hulle stootwaentjies.