Swem

Swemafrigting in die 1ste en 4de kwartaal geniet hoë prioriteit in die Deutsche Schule Kroondal se weeklikse skedule. Leerders neem weekliks, in klasverband, deel aan gratis swemafrigting. Elke kind leer die verskillende soorte swemstyle en word aangemoedig, om fiks te word, om ten einde deel te neem aan die jaarlikse “Schwimmfest” (swemgala), wat by die Kroondal Swembad aangebied word. Ons neem ook aan ander interskole galas deel.

Tydens Kwartaal 1 en 4 word Dinsdaemiddae geallokeer as die skool se swem dag. Dit word beskou as ‘n verpligte skool aktiwiteit vir alle leerders vanaf Graad R – 7. Beplan assbelief u kind se ander aktiwiteite daarvolgens.

Schwimmfest

Schwimmfest verwys na ons jaarlikse swembyeenkoms, waar ouers, grootouers, oudskoliere en vriende die twee tuisspanne, Haie en Delfine, kom ondersteun. Die beste vordering word ook aangekondig! Hier gaan dit nie oor die vinnigste en beste swemmer nie, maar oor dáárdie kind, wat aan die begin van die jaar bang was en skielik voor of tydens die gala ontpop het in ‘n swemmer met selfvertroue, wat sonder hulp sy lengtes kon voltooi, steeds met ‘n positiewe houding en ‘n glimlag op die gesiggie. Die Schwimmfest sluit op ‘n hoë noot af met die verskeie aflosse tussen skoliere en oudskoliere en die familie aflos, waar families teen mekaar deelneem.