Die Deutsche Schule Kroondal bestaan sedert 1892 en is ʼn Duitssprekende privaatskool volgens die Suid-Afrikaanse Reg en is geregistreer by die Noordwes Departement van Onderwys.
Die voordele van vroeë bemeestering van `n ander taal is reeds oor jare ondersoek en bewys. Dit gee ‘n kind meer kreatiwiteit en buigsaamheid in denke. ‘n Kind leer in die proses ook begrip en aanvaarding van `n ander kultuur, gewoontes en tradisies. `n Vroeë bemeestering van ʼn tweede taal kan ook lei tot hoër vlakke van taal- en denkvaardighede.