Ons tradisieleef
01Skoollied
Die Deutsche Schule Kroondal het in 2017 vir die eerste keer ‘n skoollied gekry. Die skoollied is gekies nadat ‘n kompetisie geloods is wat hand aan hand met ons 125ste bestaansjaar vieringe geloop het. Dietlind Manecke, bekend vir haar musikale talent in die Kroondal Gemeenskap asook die Gemeente, het hierdie kompetisie gewen.

02Bunter Abend
Die Bunter Abend is ‘n aandgeleentheid. Dit is ‘n diverse konsert van musiek-, dans- en ander vermaaklikheidselemente.

03Laternenfest
Elke jaar in November vier ons ook die Lanternfees of Sint Martin in Kroondal, meestal met tuisgemaakte lanterns.

04Zucketute
Met ‘n “Zuckertüte” in die hand kan jy ‘n DSK graad 1-leerling op die eerste dag herken. Gevul met lekkers en speelgoed, versoet dit die eerste skooldag! Die “Zuckertüte” is ‘n groot hoogtepunt vir die graad 1-leerders.

Professionele onderwysers wat toegewyd is aan jou kind se groei
Ons visie is om ’n skoolomgewing te skep waar elke kind sy of haar volle potensiaal kan bereik — akademies, sportief, en karaktergewys — binne ’n ondersteunende, Christelike raamwerk.
Ons toegewyde span onderwysers en personeel is passievol oor elke leerder se unieke pad. By Deutsche Schule Kroondal kombineer ons akademiese uitnemendheid met sterk waardes, kultuur en gemeenskapsgees. Ons doel is om leerders toe te rus met die vaardighede en karakter wat hulle nodig het om met selfvertroue en betekenis in die wêreld te leef.
Waar hart
en visieontmoet
Fondsinsameling
By Deutsche Schule Kroondal glo ons dat ware groei plaasvind wanneer ’n gemeenskap sáám bou. Ons fondsinsamelingsgeleenthede soos die Karnaval en Kroondal Basar is meer as tradisies — dit’s oomblikke van hartseenheid, harde werk en hande wat gee. Elke bydrae maak ’n verskil in ons kinders se wêreld.

