Die Deutsche Schule Kroondal het in 2017 vir die eerste keer ‘n skoollied gekry. Die skoollied is gekies nadat ‘n kompetisie geloods is wat hand aan hand met ons 125ste bestaansjaar vieringe geloop het. Dietlind Manecke, bekend vir haar musikale talent in die Kroondal Gemeenskap asook die Gemeente, het hierdie kompetisie gewen.
Die Bunter Abend is ‘n aandgeleentheid. Dit is ‘n diverse konsert van musiek-, dans- en ander vermaaklikheidselemente.
Elke jaar in November vier ons ook die Lanternfees of Sint Martin in Kroondal, meestal met tuisgemaakte lanterns.
Met ‘n “Zuckertüte” in die hand kan jy ‘n DSK graad 1-leerling op die eerste dag herken. Gevul met lekkers en speelgoed, versoet dit die eerste skooldag! Die “Zuckertüte” is ‘n groot hoogtepunt vir die graad 1-leerders.
Die Deutsche Schule Kroondal vier een keer per jaar ons leerders as jong entrepreneurs.
Ons hou een keer per jaar ‘n “Readathon”, waar die graad 4 tot 7 – leerders vir ‘n uur lank ‘n boek van hulle keuse lees. Die Grondslagfase, graad 1 tot 3 leerders, neem ook hieraan deel. Tydens ‘n gedeelte van die uur word daar vir hulle uit ‘n boek voorgelees.
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576