Kroondal Kabouters is ‘n opvoedkundige speelgroepie vir mammas of oumas en hul 2- tot 3- jarige kleuters.
Die Spatzennest is Die Deutsche Schule Kroondal se kleuterskool vir kleuters vanaf 3 jaar oud.
Die begin van die grondslagfase is vir ons baie belangrik. In hierdie klas word klem gelê op al die basiese emosionele en akademiese vaardighede wat nodig is om van ons kinders gelukkige, gebalanseerde skoliere te maak en berei hulle voor om toegerus te wees vir alles wat van hulle verwag sal word in graad 1.
Die Deutsche Schule Kroondal is daartoe verbind om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf deur aanvullend tot die KABV kurrikulum te werk. Ons leerders het ook die voordeel van taalvaardigheid in ‘n Europese taal, naamlik Duits.
Ons skool se naskoolsentrum bied ʼn veilige en liefdevolle omgewing waarin ingeskrewe leerders van Deutsche Schule Kroondal en die Spatzennest versorg word.
Adres:
Pretoria-Rustenburg Road,
Kroondal,
Northwest Province,
South Africa
Tel: +27 (0)14 536 3814
E-pos: school.dsk@kroondal.org.za
Fax: 086 518 0576